Welkom by Greenco Fruit Pakhuis

Ons vat jou graag deur die proses van ons pakhuis vir 'n beter insig oor hoe ons verseker dat slegs die beste kwaliteit vrugte van ons plase na jou woning kom.

Die reis begin met kratte vol vars geplukte sitrus vrugte vanaf ons plase. Hierdie kratte word na die pakhuis vervoer waar hulle 'n deurdrenkings proses ondergaan. In sommige gevalle kan die vrugte ook ontgroen word om optimale rypheid en kleur te verseker. Na die deurdrenkings proses word die vrugte houers gekantel en hardloop die vrugte onder die spesifieke PUC (Produsent Eenheid Kode) en boord nommer. Elke plaas het 'n unieke PUC en elke boord het 'n unieke nommer wat geregistreer is op Phytclean en eCert. Dit verseker dat elke besending vrugte terug gespoor kan word tot sy oorspronklike bron.

Die sorteerders by ons pakhuis speel 'n belangrike rol om te verseker dat slegs uitvoerkwaliteit vrugte in die bokse beland. Ons maak ook gebruik van Aweta sorterings masjiene om die vrugte te sorteer en te groepeer. Elke boks word gemerk met 'n plakker vir naspeurbaarheid. Sodra verpak, ondergaan elke boks 'n kwaliteitskontrole om te verseker dat alle spesifikasies nagekom word. Bokse word ook geweeg om te waarborg dat elke boks die korrekte gewig bevat. Die bokse word dan op palette gelaai en deur die PPECB (Bederfbare Produk Uitvoer Beheerraad) geinspekteur waarna dit op 'n vragmotor gelaai en na ons koelkamers vervoer word.

Vanuit die koelkamers word die palette dan in houers gelaai wat na verskeie markte regoor die wêreld gaan, insluitend die EU, Rusland, Maleisië, China, VK, Taiwan, Indië, Saoedi-Arabië en meer. Elke mark het sy eie spesifieke vereistes waaraan ons noukeurig voldoen om die vars en hoogste kwaliteit vrugte aan ons klante te lewer.

Ons hoop dat hierdie oorsig van ons pakhuis proses vir jou 'n beter insig sal gee in die sorg en aandag wat in elke boks vrugte wat ons perseel verlaat ingaan.

Dankie dat jy Greenco Fruit Pakhuis gekies het as jou getroue verskaffer van top gehalte vrugte.

Avoca
Moreson
Jan-An
Nie Te Ver
Uitsig
Sunny Cove
Zoutklip
Atmar
Saint Michaels
Harveyton
Happylands
Kirkwood Sitrus Plase
Greenco Pakhuis